Tuisblad Hulpmiddels Ander Sensuele Produkte Smeermiddels Speletjies CD's en Boeke Kontak Ons Artikels


Bestellings van R 2 500.00 word alleenlik in Pretoria and Johanneburg omgewing gratis afgelewer. Bestellings van buite Suid Afrika sal gestuur word deur Postnet. Aangesien Postnet se koste wissel wanneer die posgeld meer as R 120 beloop, sal u gehef word voor die bestelling gestuur word.


Om produkte te koop gaan na die produkbladsy en druk op die “Koop Nou” knoppie. Die bestelling kan betaal word deur EFT of per kredietkaart. Indien jy enige vrae het kontak ons gerus by: pret@tussendielakens.co.za of skakel ons op 082 783 6633

Ons gebruik diskrete verpakking - sien voordeeld

English

Elmari is ʼn bekende kliniese en psigo-seksuoloog, seksterapeut, verhoudingskenner, huweliksberader, psigoterapeut, kliniese hipnoterapeut, openbare spreker en skrywer. Sy is reeds 19 jaar in privaatpraktyk waar sy jare lange ondervinding op die terreine van seksuologie, individuele psigoterapie en verhoudingsberading kombineer.

Elmari is een van slegs ‘n handjievol spesialiste in Suid Afrika wat die European Federation of Sexology en die European Society for Sexual Medicine se internasionale kwalifikasie in Psigo-Seksuologie verwerf het. Hierdie is tans die hoogste kwalifikasie in Seksuologie wêreldwyd.

Elmari het ʼn Meestergraad verwerf en onder die wêreld bekende Prof Domeena Renshaw by die Loyola University Stricht School of Medicine: Sexual Dysfunction Clinic in die VSA studeer. Sy word gereken as spesialis in haar veld en het reeds bydraes gelewer vir 19 boeke. Sy is ook die skrywer van Die A-Z van Seks wat ʼn topverkoper was sowel as ’n boek oor tienerseksualiteit, Sekssprokie: Die misterie ontrafel. ʼn Kortverhaal van haar het ook in die veelbesproke boek BLOOTS verskyn.

Elmari lewer gereeld bydraes vir bekende tydskrifte en die pers. Sy is die tydskrif INTIEM se amptlelike spesialis-medewerker en sy skryf ʼn gereelde rubriek in die dagblad  Beeld. Sy word ook gereeld op radio en televisie gehoor. Sy is ʼn gesogte spreker wat landswyd optree en haar praatjies oor verhoudings- en seksualiteisverryking is baie gewild.

Elmari Mulder Craig - CV

www.elmaricraig.co.za