Tuisblad Hulpmiddels Ander Sensuele Produkte Smeermiddels Speletjies CD's en Boeke Kontak Ons Artikels


Bestellings van R 2 500.00 word alleenlik in Pretoria and Johanneburg omgewing gratis afgelewer. Bestellings van buite Suid Afrika sal gestuur word deur Postnet. Aangesien Postnet se koste wissel wanneer die posgeld meer as R 120 beloop, sal u gehef word voor die bestelling gestuur word.


Om produkte te koop gaan na die produkbladsy en druk op die “Koop Nou” knoppie. Die bestelling kan betaal word deur EFT of per kredietkaart. Indien jy enige vrae het kontak ons gerus by: pret@tussendielakens.co.za of skakel ons op 082 783 6633

Ons gebruik diskrete verpakking - sien voordeeld

English

Speel-speel na asemrowende seks


Deur Elmari Mulder Craig (Beeld Junie 2014)


Sedert die boek Fifty Shades of Grey het die verkope van seksspeelgoed drievoudig toegeneem. Die geskiedenis van sekshulpmiddels strek egter 2500 jaar terug.  Dokters het reeds sedert Hippokrates se tyd massering van die vulva beskryf. Die Bybel praat selfs daarvan. In Genesis en Hooglied word daar na ‘liefdesappels’ verwys en in Prediker na ‘Kapperkruid’ wat as seksopkikkers gebruik is.


Seksuele hulpmiddels sluit onder andere in: opvoedkundige boeke, masseerolies, smeermiddels en vibrators. Wees kreatief en ontdek sensuele hulpmiddels in jou huis. Dit gaan oor verskillende sensoriese gewaarwordinge. Dink aan vere, fluweel, ‘n tandeborsels, spuitroom en vrugte!


Seksuoloë meen dat seksuele hulpmiddels, presies dit is: hulpmiddels om julle sekslewe interessant en opwindend te maak. Seksuoloë skryf dit ook voor vir mense om gemaklik te raak met hul seksualiteit en vir paartjies wat seksuele probleme het. Byvoorbeeld, onvermoë om orgasme te kry, seksuele pyn, premature ejakulasie of erektiele disfunksie. Dilators as hulpmiddel word gebruik vir seksuele pyn as deel van ʼn spesifieke behandelingsprogram wat dikwels gespesialiseerde fisioterapeute insluit.


Die gebruik van kwaliteit smeermiddels is 'n moet. Die verhoog die gehalte van seks. Dit is 'n mite dat seksuele opwekking noodwendig vaginalesmering tot gevolg het. Die nuwe generasie smeermiddels het ʼn silikoon- of waterbasis. Dit hou lank en word nie taai of frimmelrig nie. Dit is ook doeltreffend wanneer die penis of die klitoris met die hand gestimuleer word.


Die eerste advertensie vir ’n vibrator is in 1899 geplaas. Die vibrator het deur die eeue ontwikkel tot waar ons vandag vibrators sien van die hoogste gehalte, meestal van silikoon wat die nuutste tegnologie inspan. Die beste vibrators kan jy laai soos jou selfoon. As julle vir die eerste keer met ’n vibrator wil eksperimenteer, gesels eers daaroor. Is ons albei gemaklik daarmee? Is daar enige reëls? Albei van julle behoort tot die gebruik daarvan in te stem.

 

Voordele:



Mites:



Vibrator-waarskuwings:

Pasop vir goedkoop Chinese vibrators waaarvan die materiaal nie altyd veilig is nie. Higiëne is belangrik. Was jou vibrator met warm water en seep of gebruik skoonmaakmiddel wat spesiaal vir seksspeelgoed ontwikkel is. ’n ‘Seksuele gereedskapskis’ waarin julle al jul seksuele hulpmiddels en smeermiddels veilig, privaat, maar byderhand, kan bêre, is ’n goeie idee. Die vibrator behoort nie elke keer die hooffokus te wees nie maar hoort eerder jul verhouding te versterk.


Die vraag is nou waar koop ek kwaliteit seksuele hulpmiddels en kry ek professionele advies? Baie erkende seksuoloë verskaf so ʼn diens. Besoek gerus: www.tussendielakens.co.za


Seksuele hulpmiddels is egter nie ’n vereiste vir goeie of interessante seks nie. Uiteindelik gaan die liefdespel oor intimiteit, sensualiteit en  wedersydse behoeftebevrediging. Enigiets is in die liefdespel toelaatbaar, mits dit niemand fisiese of emosionele skade berokken nie, en mits albei maats daartoe instem. Sit dus gerus speel-speel die pret terug tussen die lakens!


     



www.elmaricraig.co.za