Meer Oor Elmari Sensueele Boetiek
SKAKELS

Meer oor Dr Elmari Mulder Craig

Ek weet dat daar `n behoefte by paartjies is om hulle sekslewe interessant te maak, ek sien dit elke

dag in my praktyk…

- Dr Elmari Mulder Craig

Pr nr:  8908486   Reg nr: 10-16582



Dr Elmari Mulder Craig is Direkteur en voormalige President van The Southern African Sexual Health Association (SASHA) en dien op die wetenskaplike advies komitee van The African Society for Sexual Medicine (ASSM).

Elmari is ‘n internasionaal bekende seksuoloog, psigoterapeut en verhoudingskenner wat al meer as twintig jaar in privaatpraktyk is. Sy is een van slegs ‘n handjievol spesialiste in Suid Afrika wat die European Federation of Sexology (EFS) en die European Society for Sexual Medicine (ESSM) se internasionale kwalifikasie in Seksuologie verwerf het. Sy het ook onder die wêreld bekende Prof Renshaw by The Stricht School of Medicine, in die VSA studeer. Sy is in die VSA geregistreer as ‘n Kliniese Hipnoterapeut, Trauma Incident Reduction (TIRA) fassiliteerder en ʼn Emotionally Focused Therapist. Sy is ook die eienaar van Tussen die Lakens Intieme en Sensuele Boetiek.

Elmari is ‘n gesogte spreker en het reeds bydraes vir 26 boeke gelewer en is die skrywer van Sekssprokie: Die Misterie Ontrafel en Die A-Z van Seks. Sy word gereeld in tydskrifte aangehaal en skryf ʼn gereelde rubriek in die dagblad Beeld, sy word ook dikwels op radio en televisie gehoor as spesialis in haar veld.

Elmari woon gereeld internasionale konferensies by waar sy lesings aanbied en sorg dat sy op hoogte bly van die nuutste navorsing in die veld van seksuologie en is ‘n lid van al die voorste seksuologie organisasies in die wêreld.

WEBWERF: www.elmaricraig.co.za


Tuis Paartjieseminaar Besprekings Ander Seminare Meer oor Elmari Media
082 783 6633 admin@elmaricraig.co.za